Fumitek Bio Agro (Pty) Ltd

Fumitek Bio Agro (Pty) Ltd

DESKUNDIGES IN ONKRUIDBEHEER:

 Gewasbeskerming, Bosindringing, Industrieël, Kommersieël, Grensdrade, Plantvoeding, Insek-, Aalwurm Beheer, Plantsiekte Beheer.

DESKUNDIGES IN GEWASBESKERMING:

Grondbone, Mielies, Sojabone, Sonneblom, Groente

Croplife A3087 | PCO P35308 | PCSIB ACCREDITED

OPBRENGS DEUR KUNDIGHEID!

Vir die beste pryse en diens, kontak ons gerus…

Oor Ons

Fumitek Bio Agro t/a Lotriet Landboudienste is trots op 40 jaar se kundigheid in die bestuur van gewas-groeifases. Ons span is toegewy aan die verbetering van gewasproduksie deur middel van ons bewese en wetenskaplik gefundeerde bestuursprogramme. Met ‘n fokus op gewasbeskerming, onkruidbeheer, plantsiektebeheer en plaagbeheer, help ons boere om die beste resultate uit hul gewasse te verkry.

 

Ons benadering is gebaseer op ‘n deeglike begrip van wat gewasse nodig het, afhangende van hul spesifieke groeifases. Ons gebruik essensiële voedingstowwe om die biochemiese prosesse te optimaliseer, wat lei tot gesonder plante en hoër opbrengste. Ons bied ook toegang tot volledige dienste, insluitend blaarontledings en waterontledings.

VERHOOG DRAKRAG – VERHOOG WINS

Na 40 jaar van ervaring, weet ons dat die bestuur van indringerbos en die implementering van effektiewe industriële onkruidbeheer van kardinale belang is om die drakrag van die veld te verhoog. Ons bied ook spesialis dienste aan vir boere, met die fokus op die gebruik van spuitvliegtuie en hommeltuie vir effektiewe toediening van produkte, wat ook Bosindringing insluit, nie net plaaslik nie maar ook buite ons grense onder andere Botswana. Ons maak gebruik van die beste spuitvliegtuig vlieënier in die land.

 

Ons span is goed toegerus om jou te help met die bestuur van indringerspesies en die skep van vuurbreke om jou gewasse te beskerm. Of jy nou ‘n klein boer of ‘n groot nywerheid is, ons is hier om in jou unieke behoeftes te voorsien.

 

Kontak ons vandag vir ‘n konsultasie en ontdek hoe ons jou kan help om die volle potensiaal van jou gewasse te ontsluit!

Bosindringing

Katbos/bankrotbos twee jaar na die bespuiting.

Ons Dienste

Ons is Industriële en Kommersiële Deskundiges in Onkruid- en Plaagbeheer.

Gewasbeskerming

Om die maksimale opbrengs van 'n gewas te verkry, moet dit teen nadelige invloede beskerm word.

Bosindringing

Die kernbeginsels vir die beheer van indringerplante is vroeë optrede, opvolgbeheer en die instandhouding van herwonne ekostelsels.

Grensdrade

Effektiewe onkruidbeheer verbeter toegang, sig en gehalte van inspeksies op heinings sodat instandhouding makliker en betyds kan geskied.

Plantvoeding

’n Plant benodig noodsaaklike voedingstowwe (elemente) om metaboliese funksionaliteit te handhaaf in terme van groei, voortplanting. Essensiele voedingstowwe om gewasse se biochemiese prosesse te optimaliseer. Ons weet wat gewasse benodig, gebaseer op Groeifase bestuur.

Insek-, Aalwurm Beheer

Die beheer van insekte en aalwurms is belangrik vir die gesondheid van jou gewasse en grond.

Plantsiekte beheer

Plantsiekte beheer verwys na die praktyke en tegnieke wat gebruik word om siektes wat plante affekteer, te voorkom en te beheer.

Ons gebruik spuitvliegtuie en hommeltuie vir toediening.

Ons Span

Jean Lotriet is 'n gewasadviseur met Croplife-akkreditasie, en sal 'n waardevolle bydrae tot jou boerdery wees. Ons span is toegerus om jou van die beste diens en kennis te voorsien.

Jean Lotriet

Tegniese Adviseur

Ockert Lotriet

Assistent

Karen Lotriet

Admin

Uitmuntende Landbouchemikalieë vir uitmuntende oeste!
“Ons Beskerm nie net Oeste nie, Ons Verbeter opbrengs!!!”

Kontak Ons – Fumitek Bio Agro (Pty) Ltd

Moenie dat plae jou pla nie.  Praat eerder met ons oor ons produkte en dienste.  As jy vrae het, of meer inligting wil ontvang, kontak ons gerus. Ons span is gereed om jou te help!

Scroll to Top